Omskep oorskiethoender in ’n vertroostende maaltyd.
GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 40 min.
250 g spekvleis, gekap
50 g botter
1 ui, gekap
4 wortels, in skywe gesny
2 selderystokke, gekap
sout en vars gemaalde peper
4 tiemietakkies
60 ml (¼ k) meel
1 liter hoenderaftreksel
4 hoenderborsies, gaargemaak en versnipper
250 ml (1 k) room
3 aartappels, in dun skywe gesny
- Voorverhit die oond tot 200 ˚C.
- Braai die spekvleis tot bros in ’n kastrol met 20 g botter oor matige hitte. Skep dit met ’n gaatjieslepel uit en sit eenkant, maar los die spekvleisbraaivet in die kastrol.
- Voeg die ui, wortels, seldery, sout en tiemie by en braai oor matige hitte tot die groente versag. Voeg die meel by, roer en braai nog 2 min.
- Giet die aftreksel in en laat prut.
- Voeg die hoender en room by en laat prut nog 5 min. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Roer die gaar spekvleis in.
- Plaas die hoendermengsel in ’n oondvaste bak. Meng die aartappels in ’n bak met die oorblywende gesmelte botter, sout en vars gemaalde peper.
- Strooi oor die hoender en bak 20 min. of tot goudkleurig.
Deur Hope Malau
Foto’s: Jacques Stander