Quantcast
Channel: Hoender – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Hoender-breyani

$
0
0

Hierdie geurige en smaaklike gesinsmaaltyd sal ’n wenner wees.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 25 min.

500 ml (2 k) rys
25 g botter
1 ui, gekap
1 lourierblaar
3 kardemompeule, fyngedruk
1 kaneelstok
5 ml (1 t) borrie
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
60 ml (¼ k) kerriepasta
80 ml (⅓ k) rosyne
750 ml (3 k) hoenderaftreksel
koljander, gekap

Was die rys in koue water tot die water skoon loop.
Verhit die botter in ’n katrol en soteer die uie 5 min. saam met die lourierblaar en ander heel speserye. Strooi die borrie in en voeg dan die hoender en kerriepasta by. Braai tot geurig.
Roer die rys in die pan in saam met die rosyne en giet dan die aftreksel oor. Plaas ’n styfpassende deksel op die pan en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en kook die rys nog 5 min. Skakel die hitte af en laat staan vir 10 min. Roer goed en meng die helfte van die koljander deur.
Strooi die res van die koljander oor en sit voor.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>