Deel dit of hou dit vir later! Maak aandete interessant met ’n tuisgemaakte kerriebrood.
Genoeg vir 2 tot 4 mense
Bereiding: 10 min.
Marineer: 1 uur
Gaarmaak: 30 min.
2,5 ml (½ t) fyn naeltjies
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
10 ml (2 t) garam masala
2 kardemompeule
200 ml (¾ k) natuurlike jogurt
2 x 400 g-blikke heel kersietamaties
2 cm vars gemmer, gerasper
6 knoffelhuisies
2 rooi brandrissies
10 ml (2 t) suiker
5 ml (1 e) witwynasyn
sout en peper
8 hoenderborsies, in blokkies gesny
30 ml (2 e) olie
2 uie, in skywe gesny
2 lourierblare
100 g botter, in blokkies gesny
- Meng die speserye, jogurt, tamaties, gemmer, knoffel, brandrissies, suiker, asyn, sout en peper in ’n verwerker tot heeltemal gemeng. Giet oor die hoender en marineer 1 uur.
- Verhit die olie in ’n pot en braai die uie tot sag. Voeg die hoender en al die marinade en lourierblare by; bring tot kookpunt.
- Verlaag die hitte en kook 30 min. tot die hoender deurgaar is en die sous verdik het.
- Voeg die botter by en roer deur. Geur na smaak. Sny brood middeldeur en hol die binnekant uit. Skep die kerriemengsel in.
Deur Hope Malau
Foto: David Briers