Quantcast
Channel: Hoender – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Hoendernoedelbak

$
0
0

Dis net die maaltyd dié om ’n lang dag mee af te sluit.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15 min.

20 g botter
1 ui, fyn gekap
3 wortels, in dun skywe gesny
2 selderystokke, fyn gekap
sout en vars gemaalde peper
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
2 cm-stuk vars gemmer, gerasper
4 x 250 ml (4 k) hoenderaftreksel
150 g noedels
2 hoenderborsies, gaargemaak en versnipper
’n hand vol pietersielie
1 rooi brandrissie, gekap

1.    Smelt die botter in ’n groot, diep kastrol oor lae tot matige hitte. Voeg die ui, wortels en seldery by en geur met die sout en vars gemaalde peper. Braai liggies 10 min. terwyl jy gereeld roer tot die groente sag is.
2.    Voeg die knoffel en gemmer by en kook 1 min. voor jy die aftreksel ingooi. Laat die sop prut en laat borrel liggies 10 min. of tot die groente amper gaar is.
3.    Krummel die noedels by die pot in en voeg die versnipperde hoender by. Proe en geur met die sout en vars gemaalde peper. Laat prut nog 2 min. tot die noedels sag is. Garneer met die pietersielie en brandrissie.

Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller


Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!