Geniet romerige hoenderlewertjies, voorgesit met brood om die sous mee op te skep.
GENOEG VIR 4-6 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 15 min.
250 g hoenderlewertjies, skoongemaak
sout en vars gemaalde peper
30 ml (2 e) olie
1 ui, fyn gekap
1 groen rissie, gekap
30 ml (2 e) knoffelpasta
125 ml (½ k) room
- Geur die lewertjies met die sout en vars gemaalde peper. Verhit die olie in ’n pan tot rookwarm. Voeg die lewertjies by en skroei 1 min. aan elke kant. Skep die lewertjies uit die pan en laat staan eenkant.
- Soteer die ui in dieselfde pan tot sag. Voeg die rissie en knoffelpasta by en skep weer die lewertjies in die pan.
- Voeg die room by en laat saggies tot die helfte (sowat 5 min.) afkook.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander