Quantcast
Channel: Hoender – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Plathoender in sjokoladesous

$
0
0

Almal sal ’n tweede happie van dié geurige gereg wil inskep.

plathoender1

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute

1 groot heel hoender
80 ml (1/3 k) koekmeel
sout en peper
olie
1 middelslag-ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
2 stukke kassia
2 heel groen brandrissies
3 heel naeltjies
2 blikke (400 g elk) tamaties
250 ml (1 k) witwyn
60 g donkersjokolade, in blokkies gebreek
fyn gekapte pietersielie (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak of -pan.

  1. Draai die hoender met sy rugkant na bo. Gebruik ’n skerp skêr en sny die ruggraat uit deur alkant langs die ruggraat te sny.
  2. Draai die hoender om sodat dit met sy borskant na bo lê en druk hard met jou handpalm op die borsbeen sodat die hoender plat lê.
  3. Geur die meel met die sout en peper en bestuif die hoender daarmee. Plaas die hoender in ’n oondpan.
  4. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die speserye, tamaties en wyn by, geur met die sout en peper en laat kook tot geurig.
  5. Giet die sous oor die hoender en bak sowat 45 minute tot sag en gaar. Verwyder die hoender uit die oond.
  6. Pak op ’n dienbord en hou eenkant. Voeg die sjokolade by die gedreineerde pansous en verhit tot dit gesmelt het. Giet oor die hoender. Garneer met die pietersielie, indien verkies.
  7. Sit voor met rys waarby gebraaide groen soetrissie, gekapte pietersielie en koljanderblare gemeng is.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>