Quantcast
Channel: Hoender – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Hoenderstroganoff

$
0
0

’n Vinnige, maklike en heerlike maaltyd.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15 min.

30 ml (2 e) olyfolie
4 hoenderborsfilette, in skywe gesny
15 ml (1 e) meel
1 ui, in dun skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
250 g sampioene, in skywe gesny
5 ml (1 t) paprika
15 ml (1 e) worcestersous
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
180 ml (¾ k) suurroom
100 g ertjies
sout en vars gemaalde swartpeper
gaar pasta vir voorsit

1. Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matig-hoë hitte. Voeg die hoender by en braai 5 min. terwyl jy roer of tot verbruin.
2. Strooi die meel oor en voeg dan die ui, knoffel en sampioene by. Braai 5 min. terwyl jy roer of tot die ui versag en die sampioene verbruin het. Voeg die paprika by. Braai 1 min. terwyl jy roer.
3. Voeg die worcestersous en aftreksel by. Bring tot kookpunt. Laat prut 5 min. of tot die hoender deurgaar is.
4. Roer die suurroom en ertjies in. Geur met die sout en peper. Skep oor die pasta en sit voor.

Deur: Hope Malau
Foto’s: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>