Quantcast
Channel: Hoender – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Hoenderkerrie

$
0
0

Hoenderkerrie bly ’n groot gunsteling.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Marineer: 1 uur
Gaarmaak: 30 min.

125 ml (½ k) moutasyn
10 knoffelhuisies
2 cm gemmer, gekap
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
2 groen kardemompeule
1 ml (¼ t) fyn naeltjies
10 ml (2 t) rooipeper
5 ml (1 t) paprika
5 ml (1 t) borrie
5 ml (1 t) komyn
1 groen brandrissie, gekap
10 hoenderboudjies, vel verwyder
olie vir braai
1 ui, fyn gekap
250 ml (1 k) hoenderaftreksel

1.     Puree die asyn, knoffel, gemmer, al die speserye en brandrissie in ’n voedselverwerker tot baie glad.
2.     Maak ’n paar insnydings op elke boudjie sodat die marinade diep in die vleis kan intrek. Vryf die pasta oral oor die vleis. Laat 1 uur in die koelkas verkoel.
3.     Voeg die olie in ’n groot pot oor matig-hoë hitte. Voeg die ui by en soteer tot dit begin verbruin. Voeg die hoender en al die marinade by en soteer sowat 2 min. terwyl jy gereeld roer.
4.     Voeg die hoenderaftreksel by en laat 25 min. liggies prut.
5.     Sit voor saam met ’n stysel van jou keuse.

Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller


Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>