GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15 min.
4 hoenderborsfilette
30 ml (2 e) hoenderspeserye
15 ml (1 e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
SLAAI
4 tamaties, in blokkies gesny
½ komkommer, in blokkies gesny
1 rooi-ui, gekap
1 soetrissie, gekap
sout en vars gemaalde peper
SLAAISOUS
60 ml (¼ k) pietersielie
60 ml (¼ k) koljander
sap en skil van 1 suurlemoen
45 ml (3 e) olyfolie
sout en peper
- Geur die hoender alkant met die speserye. Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die hoender tot goudbruin alkant en gaar. Laat rus minstens 5 min. en sny in skyfies.
- Slaai Meng al die slaaibestanddele goed.
- Slaaisous Skeur die pietersielie- en koljanderblare in growwe stukkies en meng dit met die res van die slaaisousbestanddele.
- Meng die slaaisous deur die slaai, geur met sout en vars gemaalde peper en sit voor saam met die hoender en vars lemmetjies.