Probeer gerus een van hierdie hoenderresepte oor die langnaweek.
Koljander-oondhoender
Genoeg vir 4-5 mense
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: sowat 1 uur
MARINADE
80 ml ( k) vissous
1 bos koljander met
wortels, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
30 ml (2 e) strooisuiker
3 brandrissies, fyn gekap
sap en skil van 1 suurlemoen
HOENDER
1 hoender, gevlek
3-4 rooi-uie, in wiggies gesny
Voorverhit die oond tot 230 °C. Smeer ’n oondbak met olie.
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: sowat 1 uur
MARINADE
80 ml ( k) vissous
1 bos koljander met
wortels, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
30 ml (2 e) strooisuiker
3 brandrissies, fyn gekap
sap en skil van 1 suurlemoen
HOENDER
1 hoender, gevlek
3-4 rooi-uie, in wiggies gesny
Voorverhit die oond tot 230 °C. Smeer ’n oondbak met olie.
- Marinade Meng alles.
- Hoender Lig die vel oor die bors en dytjies en druk van die marinade onder die vel in.
- Pak die uie in die oondbak; plaas die hoender bo-op. Giet die marinade oor. Braai 15 min., verlaag die temperatuur tot 180 °C en oondbraai nog 30-45 min.
- Haal die hoender uit en kook die pansappe en uie op die stoofplaat tot sag.
- Sit voor.
Hoender me kruiekaaskors
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 45-55 minute
Hoender
8 hoenderporsies
sout en peper
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
Krummelkors
500 ml (2 k) dagoud witbroodkrummels (bv. focaccia of suurdeeg)
1 klein ui, gekap
4 takkies grasuie, gekap
5 ml (1 t) gemengde droë kruie of 15-20 ml (3-4 t) vars origanum, pietersielie en basilie
2-3 knoffelhuisies, gekneus
250 ml (1 k) fetakaas, grof gekrummel, of gerasperde cheddarkaas
olyfolie vir bo-oor sprinkel
groenslaai vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak.
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 45-55 minute
Hoender
8 hoenderporsies
sout en peper
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
Krummelkors
500 ml (2 k) dagoud witbroodkrummels (bv. focaccia of suurdeeg)
1 klein ui, gekap
4 takkies grasuie, gekap
5 ml (1 t) gemengde droë kruie of 15-20 ml (3-4 t) vars origanum, pietersielie en basilie
2-3 knoffelhuisies, gekneus
250 ml (1 k) fetakaas, grof gekrummel, of gerasperde cheddarkaas
olyfolie vir bo-oor sprinkel
groenslaai vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak.
- Hoender Geur die hoenderporsies met sout en peper en pak styf teen mekaar in ’n enkellaag in die oondbak. Giet die aftreksel in die bak.
- Krummelkors Meng al die bestanddele behalwe die olyfolie en sprinkel dit oor die hoenderporsies.
- Bedek en bak 45-50 minute of tot die hoender gaar is. Verwyder die bedekking, drup die olyfolie oor die kors, verhoog die hitte tot 200 °C en bak tot die kors bruin en bros is.
- Sit voor met ’n groenslaai.
Pynappelhoender met jasmynrys
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 1 uur
4-8 hoenderporsies
sout en vars gemaalde peper
MARINADE
60 ml (¼ k) sojasous
80 ml ( k) heuning
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 x 440 g blik-pynappelstukke, gedreineer
RYS
250 ml (1 k) jasmynrys
15 g gekapte vars koljanderblare
2 sprietuie, gekap
60 ml (¼ k) grondbone, gerooster
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 1 uur
4-8 hoenderporsies
sout en vars gemaalde peper
MARINADE
60 ml (¼ k) sojasous
80 ml ( k) heuning
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 x 440 g blik-pynappelstukke, gedreineer
RYS
250 ml (1 k) jasmynrys
15 g gekapte vars koljanderblare
2 sprietuie, gekap
60 ml (¼ k) grondbone, gerooster
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Geur die hoender met die sout en peper en plaas in ’n oondbak.
- Marinade Meng al die bestanddele en giet oor die hoender. Maak seker elke stukkie is goed bedek. Bedek
- met tinfoelie en bak 45 min. Haal die tinfoelie af en draai die hoender om. Bak nog 15 min. tot gaar.
- Rys Kook die rys volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer, meng die koljander en sprietuie deur en besprinkel met die grondbone.
- Sprinkel sesamsade oor die hoender en sit voor saam met die rys.
Gestopte hoender met appelkoossous
Elaine Schoeman van Delmas het hierdie resep met ons gedeel.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: sowat 75 minute
1 heel hoender
Portugese speserye na smaak
sout en peper
VULSEL
4 klein uie, gekap
6-8 sampioene, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
125 ml (½ k) vars spinasie,
fyn gesny
1 wiel fetakaas, gekrummel
2 takkies vars roosmarynblaartjies, gekap
SOUS
125 ml (½ k) fyn appelkooskonfyt
60 ml (¼ k) gouestroop
60 ml (¼ k) suurlemoensap of na smaak
30 ml (2 e) worcestersous
30 ml (2 e) blatjang
30 ml (2 e) tamatiesous
30 ml (2 e) mayonnaise
5 ml (1 t) droë roosmaryn
groente vir voorsit
Voorverhit die oond tot 230 °C.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: sowat 75 minute
1 heel hoender
Portugese speserye na smaak
sout en peper
VULSEL
4 klein uie, gekap
6-8 sampioene, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
125 ml (½ k) vars spinasie,
fyn gesny
1 wiel fetakaas, gekrummel
2 takkies vars roosmarynblaartjies, gekap
SOUS
125 ml (½ k) fyn appelkooskonfyt
60 ml (¼ k) gouestroop
60 ml (¼ k) suurlemoensap of na smaak
30 ml (2 e) worcestersous
30 ml (2 e) blatjang
30 ml (2 e) tamatiesous
30 ml (2 e) mayonnaise
5 ml (1 t) droë roosmaryn
groente vir voorsit
Voorverhit die oond tot 230 °C.
- Geur die hoender met die speserye en sout en peper.
- VULSEL Meng al die bestanddele en skep dit in die maagholte. Steek die opening met peuselstokkies toe. Bind die hoender op met tou. Oondbraai 10 minute, verlaag die temperatuur tot 180 °C en oondbraai nog ’n uur.
- SOUS Smelt die konfyt en stroop 1 minuut in die mikrogolf en voeg die ander bestanddele by. Verf oor die gaar hoender en plaas vinnig terug in die oond tot die sous verkleur het.
- Sit voor met groente.
Heuningmosterd-hoenderskottel
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur
SOUS
60 ml (4 e) olyfolie
60 ml (4 e) heelkorrelmosterd
90 ml ( 6 e) heuning
sout en peper
HOENDER EN GROENTE
1 patat (400 g), in skywe gesny
1 klein botterskorsie (240 g),
geskil en in skywe gesny
1 rooi-ui, in wiggies gesny
4 ontbeende hoenderborsies
koljanderblare vir bo-oor strooi
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur
SOUS
60 ml (4 e) olyfolie
60 ml (4 e) heelkorrelmosterd
90 ml ( 6 e) heuning
sout en peper
HOENDER EN GROENTE
1 patat (400 g), in skywe gesny
1 klein botterskorsie (240 g),
geskil en in skywe gesny
1 rooi-ui, in wiggies gesny
4 ontbeende hoenderborsies
koljanderblare vir bo-oor strooi
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- SOUS Meng al die bestanddele en hou eenkant.
- HOENDER EN GROENTE Pak die groente in ’n oondskottel en geur met sout en peper.
- Geur die hoender, rol op en steek met ’n peuselstokkie vas.
- Rangskik dit op die groente. Giet die sous oor. Bedek met tinfoelie en bak sowat 30 minute in die oond.
- Verhoog nou die oondhitte tot 200 °C, verwyder die foelie en bak nog 25 minute tot die hoender gaar is.
- Sprinkel koljanderblare oor net voor opdiening. Sit warm voor met ’n groenslaai.