GenoeG vir 4-6 mnese
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute
Marineertyd: 1 uur of oornag
1 kg hoenderporsies, ontvel
15 ml (1 e) gemmer-enknoffelpasta
15 ml (1 e) gesmelte botter
60 ml (¼ k) klappermelk
15 ml (1 e) masala
15 ml (1 e) garam masala
sout en peper na smaak
koljanderblare, fyn gekap
slaai en gegeurde rys vir voorsit
- Maak 3 diep splete in die dik deel van elke hoenderporsie.
- Meng die res van die bestanddele goed saam en smeer die vleis goed daarmee in. Laat 1 uur of verkieslik oornag marineer.
- Verhit die oond tot 180 °C. Plaas die hoender in ’n oondvaste bak met ’n klein bakkie water daarnaas. Oondbraai
- sowat 45 minute of tot die hoender sag en gaar is.
- Sit voor met gegeurde rys en ’n groenslaai.