Quantcast
Channel: Hoender – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Speseryhoender- en-rys

$
0
0

’n Heerlike weekdagmaaltyd vir die hele gesin

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 40 min.

80 ml (⅓ k) olie
2 kg hoenderstukke
sout en vars gemaalde peper
1 ui, gekap
15 ml (1 e) kerriepoeier
2 lourierblare
15 ml (1 e) paprika
4 kardemompeule
4 naeltjies
5 swart peperkorrels
1 kaneelstok
2 knoffelhuisies, gekap
4 tamaties, gekap
700 ml hoenderaftreksel
500 ml (2 k) basmatirys, afgespoel
’n hand vol koljander

Verhit die olie oor matige hitte in ’n groot pan met ’n deksel.

  1. Geur die hoender met sout en peper. Braai die hoender in sarsies tot verbruin. Haal uit en sit eenkant. Voeg die ui in die pan en braai 5 min. of tot sag, terwyl jy roer.
  2. Voeg die speserye en knoffel by, en braai ’n minuut. Voeg dan die tamatie by. Verlaag die hitte tot matig, sit die hoender terug in die pan en laat dit 10 min. prut.
  3. Roer die rys in, bedek en kook 20 min. of tot die rys al dente is. Verwyder van die hitte en roer die koljander in voor jy dit voorsit.

Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller


Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>