Quantcast
Channel: Hoender – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Banting-hoenderbredie met tamaties en olywe

$
0
0

Sny koolhidrate uit met hierdie heerlik sappige hoendergereg met groenbone as bykos.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.

8 hoenderboudjies
olyfolie
8 knoffelhuisies, ongeskil
skil van 1 suurlemoen
180 ml (¾ k) hoenderaftreksel
160 ml (⅔ k) groen olywe
350 g kersietamaties
’n klein hand vol pietersielie, gekap
4 tiemietakkies
gestoomde groenbone vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Verhit ’n groot, oondvaste swaarboomkastrol oor hoë hitte. Bedruip die hoender met olie en braai tot goudkleurig alkante.
  2. Voeg die knoffel, suurlemoenskil en hoenderaftreksel by, bedek en sit in die oond. Bak 10 minute, haal die deksel af, voeg die olywe en tamaties by en braai nog 15 minute of tot die hoender gaar is.
  3. Strooi pietersielie en tiemie oor, en sit voor saam met gestoomde groenbone.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>