Gee ‘n hoendergereg vlerke met hierdie japtrap-resep wat boonop maklik en bekostigbaar is om voor te berei.
Genoeg vir 4
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 45 min.
4-6 hoenderporsies
sout en vars gemaalde peper
10 ml (2 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
RYS
375 ml (1 ½ k) basmati-
of halfgaar rys
15 ml (1 e) botter
15 ml (1 e) olyfolie
3 uie, in skyfies gesny
10 g vars pietersielie, gekap
10 g vars koljanderblare, gekap
60 ml (¼ k) rosyntjies, opsioneel
2 ml (½ t) fyn komyn
Voorverhit die oond tot 230 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.
- Geur die hoender met die sout, vars gemaalde peper, komyn en koljander.
- Pak op ’n bakplaat en rooster 15 min. Verlaag die temperatuur tot 180 °C en braai nog 30 min. of tot gaar.
- Rys Kook die rys tot gaar en dreineer. Verhit die botter en olie in ’n pan, en braai die uie tot goudbruin en bros.
- Meng die uie, pietersielie, koljander en rosyntjies deur die rys.
- Geur met die komyn, sout en vars gemaalde peper.
- Pak die hoender op die rys, sprinkel gekapte pistachioneute oor en sit voor.