Quantcast
Channel: Hoender – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Romerige brandrissiehoender

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10-15 minute
Gaarmaaktyd: 40-50 minute

4-6 hoenderborsies
sout en peper
2 ml (½ t) fyn komyn
1 ui, gekap
2-3 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 elk rooi en groen soetrissie,
in blokkies gesny
125 ml (½ k) mayonnaise van ’n goeie gehalte
125 ml (½ k) natuurlike jogurt
125 ml (½ k) soet brandrissiesous
60 ml (¼ k) gekapte koljanderblare
oondgeroosterde groente vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

  1. Geur die hoenderborsies met sout en peper en sprinkel die komyn oor. Pak in die bak.
  2. Sprinkel die ui, knoffel en soetrissie oor.
  3. Meng die mayonnaise, jogurt, brandrissiesous en koljanderblare en skep oor die hoender.
  4. Oondbraai 40-50 minute of tot die hoender sag, gaar en goudbruin is.
  5. Sit voor met oondgeroosterde groente.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>