GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 40-45 min.
4-6 hoenderporsies
sout en vars gemaalde peper
15 ml (1 e) olyfolie
1 wiel fetakaas, grof gekrummel
PESTO
10 g pietersielie
10 g roketblare
60 ml (¼ k) sonne-blomsaad, gerooster
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml (1 e) suurlemoensap
60 ml (¼ k) olyfolie
VIR VOORSIT
10 g ekstra roketblare
Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.
- Geur die hoenderporsies oraloor met die sout en peper. Sprinkel die olie oor.
- Sprinkel die feta oor. Rooster 40-45 min. of tot goudbruin en gaar.
- Pesto Pols die pietersielie, roketblare, sonneblomsaad, knoffel en suurlemoensap saam in ’n voedselverwerker fyn.
- Voeg die olyfolie geleidelik by en pols tot gemeng. Geur na smaak met sout en peper.
- Sprinkel die ekstra roketblare oor die hoender, drup die pesto oor en sit voor saam met gestoomde broccoli.