Quantcast
Channel: Hoender – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Hoenderschnitzel

$
0
0

Deur die hoender plat te kap word dit vinniger en egaliger gaar.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 20 min.

250 ml (1 k) meel
sout en peper
2 eiers
30 ml (2 e) melk
500 ml (2 k) droë broodkrummels
4 hoenderborsfilette
500 ml (2 k) olie
CHEDDARSOUS
60 ml (¼ k) meel
60 g botter
500 ml (2 k) melk
60 ml (¼ k) groenteaftreksel
’n knippie rooipeper
225 g cheddarkaas, gesmelt

  1. Meng die meel, sout en peper in ’n vlak bak. Klits die melk en eiers in ’n ander bak. Sprei die broodkrummels in ’n derde bak uit .
  2. Kap die hoenderfilette tussen 2 stukke kleefplastiek plat en geur. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte.
  3. Druk die hoender in die meelmengsel en skud die oortollige meel af. Doop in die eiermengsel en rol dan in die broodkrummels. Plaas versigtig in die warm olie, bak 5 min. en skep dan met ’n gaatjieslepel op ’n papierhanddoek uit.
  4. Cheddarsous Voeg die meel en botter in ’n pot oor matige hitte en braai tot ’n pasta vorm. Klits die melk en aftreksel stadig in tot goed gemeng. Verlaag die hitte en laat prut 10 min. Verwyder van die hitte en roer die rooipeper en kaas in.
  5. Sit die schnitzel voor saam met die sous en ’n slaai.

Deur Hope Malau
Foto: David Briers

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>