Hierdie kaserige maaltyd met maklik verkrygbare bestanddele is binne ’n halfuur op die tafel.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Bak: 20 min.
1 kg heel hoender, gaargemaak en gevlok
4 sprietuie, gekap
2 rooi brandrissies, gekap
410 g blik rooi nierbone, gedreineer
300 g cheddarkaas, gerasper
400 g fles pastasous
6 mini-tortillas
100 g mozzarellakaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Meng die hoender, ui, brandrissies, bone, die helfte van die cheddarkaas en die helfte van die sous goed.
- Vul elke tortilla met ’n lepel vol van die hoendermengsel. Rol die tortillas op en pak dit met die soomkant na onder in ’n bakskottel.
- Giet die oorblywende sous oor, strooi die oorblywende cheddar en die mozzarella oor en bak 20 min. of tot goudbruin. Sny in vierkante en sit voor saam met ’n slaai.
Deur Hope Malau
Foto: David Briers