½ pak (125 g) repiespek
30 ml (2 e) heuning
½ gaar hoender, gepluis
60 ml (¼ k) mayonnaise
sout en vars gemaalde peper ½ kropslaai
½ komkommer, in linte gesny
1 baguette, in 4 stukke verdeel
Voorverhit die oond tot 230 °C.
- Pak die spek op ’n bakplaat en bedruip met die heuning.
- Rooster 10 minute in die oond.
- Draai om, bedruip weer met die heuning en rooster nog 10 minute.
- Meng die hoender en mayonnaise en geur met die sout en peper.
- Pak die slaaiblare en komkommer op die baguettestukke, gevolg deur die hoender en spek.