Quantcast
Channel: Hoender – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Hoenderkerrie

$
0
0

Die aroma van die kerrie kan dalk daartoe lei dat jou bure kom kuier.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 45 min.

80 ml (⅓ k) olie
1,7 kg hoenderstukke
1 ui, fyn gekap
5 ml (1 t) kerriepoeier
2 lourierblare
15 ml (1 e) paprika
4 kardamompeule
4 naeltjies
5 swart peperkorrels
1 kaneelstok
2 knoffelhuisies, fyn gekap
410 g kersietamaties
700 ml hoenderaftreksel
500 ml (2 k) basmatirys, gespoel en gedreineer
koljander vir garnering

  1. Verhit die olie in ’n groot pan met ’n deksel oor hoë hitte. Geur die hoender. Braai die hoender in sarsies terwyl jy dit een keer omkeer tot bruin. Haal uit en sit eenkant.
  2. Voeg die ui in die pan en braai terwyl jy 5 min. roer of tot sag en lig-goudkleurig. Voeg die speserye en knoffel by en roer om te bedek. Voeg die tamaties en aftreksel by en kook nog 2 min. terwyl jy roer.
  3. Verlaag die temperatuur, sit die hoender terug in die pan saam met die aftreksel en laat dit prut. Kook 30 min. of tot deurgaar.
  4. Bedek met koljander en sit voor saam met rys.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 147

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>